Yielding Hearts – Fourth Edition

Die koue is HIER en daarmee saam ‘n splinternuwe seisoen – WINTER – nie almal se gunsteling maar tog so nodig. Tyd om rustiger te raak, introspeksie te hou en by jouself uit te kom. Die bekendste gedeelte oor seisoene in die Bybel is sekerlik Prediker 3, maar daar is verskeie plekke in die Woord wat na seisoene verwys.

“While the earth remains, seedtime and harvest, cold and heat, summer and winter, day and night, shall not cease.” Genesis 8:22

Whether it’s Jesus’s parable of the fig tree in Matthew 24:32 or God’s promise about the seasons from Genesis 8:22, the different seasons blend into each other for a reason and with a purpose indeed – take some time and visit this page https://mastershandcollection.com/blog/life-changing-bible-verses-about-the-seasons/


Mother’s Day – 11 May 2025

Mother’s Day is around the corner, and we have a very special option ready for you. Visit and/or contact us to assist you in making YOUR Mother’s Day a very special and memorable one.

“A mother’s love is the fuel that enables a normal human being to do the impossible.” Marion C. Garretty

What we have to offer:
“A Fragrance Chosen by Heaven, A Name Woven in Oil.”

Imagine this… Her NAME on the label!

The eternal beauty of His Name poured forth like oil (Song of Songs 1:3) now brought to life, flowing into the very hands of the Mother of your heart this Mother’s Day!

“He who is Holy has anointed her” (1 John 2:20).

Now, we honor her by weaving her name into one of our chosen oils — a fragrant tribute, chosen just for her.

Let us create a gift that speaks heaven’s love over the Mother of your heart this Mother’s Day. We await your special request, ready to bless her in the most personal way.

So: What about bringing the most precious truth from the Song of Songs to life in her hands?

*Gift includes a 10ml Anointing oil with a personalised label (with Mom’s name) and PDF document with the meaning of Mom’s name. – https://online.myrrh.co.za/product/mothers-day-gift/


Henna Aanlynkursus

Hierdie insiggewende en praktiese kursus oor bloedlynjukke is ingebid vir hierdie seisoen en word aanlyn aangebied.

Aanlyn – perfek & gerieflik vir die winter! Snoesig en knus onder jou kombersie in jou eie huis, kan jy steeds deel in hierdie kursus wat soveel lewens al verander het.

A Journey into Breakthrough & Blessing!

“It is the anointing that breaks the yoke…” (Isaiah 10:27)
But it also carries the power to release God’s blessings for a thousand generations!

What You’ll Discover:

  • How to practically apply the anointing in your life.
  • The mystery of yokes and blessings through a hidden prophetic symbol.
  • A fresh look at God’s purpose-designed gifts for breakthrough.
  • My personal story of transformation—shared to help guide yours.

What’s Included:

  • Study material in PowerPoint (PDF format).
  • 3 Live Zoom Sessions (90 minutes each).
  • Henna Anointing Oil couriered to your door.
  • One-on-One Mentoring Session (60 min via WhatsApp).

    SAVE THE DATES:
  • Wednesdays – June 18, June 25 & July 2
  •  Time: 18:30
  • Location: Online via Zoom

Course Fee: R1750

Registration now OPEN: https://myrrhwitheunice.com/product/henna-bloodline-anointing-online-course/

 “An intelligent heart acquires knowledge, and the ear of the wise seeks knowledge”Proverbs 18:15


TSOTA Studente Terugvoering & Openbarings

“But thanks be to God, who always leads us as captives in Christ’s triumphal procession and uses us to spread the aroma of the knowledge of him everywhere.” 2 Corinthians 2:14

Tydens ons eerste jaar klas se April module het ons na die kragtige aspek van die olies se geure gekyk. In die werksopdragte moes studente neerpen hoe hulle van reuke om hulle bewus raak – en dan ook probeer verwoord watter emosies met daardie reuke geassosieer word. Dit word telkemale vir my wat die huiswerk nasien soos ‘n intieme kykie na die student te lewe. Ek wandel so te sê saam met haar, deur haar huis waar sy roosterbrood ruik, by die werk waar sy papier ruik. Ek sit langs haar in die kerkbank waar sy haar Bybel buiteblad se leer oortreksel ruik en die salige vrede van God daarmee assosieer.

Maar toe wandel ek saam met haar deur die gange van die ouetehuis waar sy ‘n tannie ‘aangeneem’ het en dikwels vir haar gaan kuier om haar eensaamheid te help verlig. Hier ruik ek die Dettol reuk saam met hulle wat wel sê dat alles skoon is, maar ook hoe verskriklik eensaam soveel van die mense hier is.

Geure speel ‘n groot rol – selfs vir God waar ons gebede soos wierook voor Hom op die reukoffer altaar opgevang word. Dalk spoor die reuk van Dettol jou en my aan om ons bejaardes meer te besoek. Dalk moes jy vandag hoor dat God op jou gebede reageer as ‘n geur … ‘reageur’!

Mag ook jy wie nou hierdie nuusbrief lees bewus raak van die geure om jou, wat jou emosies rondom dit is en dat God deur geure met ons kan praat!


Persoonlike nota

Uit my pen …
Een van die moeilikste opdragte is om iets in God se hande te laat. Soos mirre (wat jou bitterheid verteenwoordig) wat in Sy hande gelaat moet word sodat dit Syne sal word, sodat dit daar in Sy hande jou MirreSyne, jou genesing kan word.
Hierdie boodskap is vervat in my boekie, MirreSyne vir jou siel. Dit is die boodskap wat die kern van hierdie bediening/besigheid vorm. Ek kommunikeer hierdie waarheid reeds vir 24 jaar. En ek bid elke keer dat die ‘penny’ sal ‘drop’.

Tot vanoggend. Ek het iets so kragtig en so eenvoudig gehoor, wat hierdie waarheid so effektief opsom, dat ek nie kan glo hoe ek dit gemis het nie. In ‘n radio onderhoud vertel die spreker hoe absoluut gelowig sy ouers hulle 12 kinders grootgemaak het. Sy groot herinnering was aan sy pa wie enige uitdaging na God geneem het, dit in Sy hande gelaat het met die woorde: Wanneer iets in God se hande is maak Hy altyd iets moois daarvan!
Wat het jy vandag om in Sy hande te los?

GROOTbid op GROOTfm

Op 24 April het die GROOTfm radio en TV stasie ‘n dag van 24-uur opsy gesit om aan gebed te wy. Mense reg oor die land kon versoeke instuur en gebedspanne was vir 24-uur geposisioneer om vir daardie versoeke in te tree.
Elke uur was aan ‘n tema gewy waarin sprekers genooi was om te praat en te bid vir daardie onderwerp en versoeke. Ek het die voorreg gehad om saam te gesels oor die onderwerp van heiligheid en salwings olies. My grootste verrassing, soos ‘an unexpected gift’ was Francois Botha wat in die agtergrond die mees gesalfde klavier klanke laat opklink het – ‘live’ daar reg langs my! Dit het die salwing in die ateljee na ‘n vlak geneem waar daar slegs plek was vir ‘praat met God’. Spontane gebed het die vloei van ons gesprek kort-kort gekenmerk!

Mag GROOTfm met GROOT seën beloon word!

Luister gerus hier: https://iono.fm/e/1549770


IMPORTANT NOTE

We are flooded with public holidays and even an additional school holiday week as a result of this! Forming part of the retail environment now, we will be OPEN on Thursday 1 May 2025, Worker’s Day…. the clue is in the word after all!

REST
Let yourself REST
If you’re exhausted, rest.
If you don’t feel like starting a new project, don’t.
If you don’t feel the urge to make something new,
just rest in the beauty of the old, the familiar, the known.
If you don’t feel like talking, stay silent.
If you’re fed up with the news, turn it off.
If you want to postpone something until tomorrow, do it.
If you want to do nothing, let yourself do nothing today.
Feel the fullness of the emptiness, the vastness of the silence, the sheer life in your unproductive moments.
Time does not always need to be filled.
You are enough, simply in your being.

 – Jeff Foster

Stay Blessed. REST and take care of yourself ‘till we chat again in the next Yielding Hearts!

Dr. Eunicé van der Merwe
CEO & Founder

0 Comments